Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
8 vas ná rooftog by kitskoswinkel in Lutzville

Agt verdagtes is Sondag in hegtenis geneem nadat Lutzville Take-Aways aan die Weskus van R20 000 beroof is.

Volgens ’n polisiebron was die rowers gewapen met ’n AR-15- semi-outomatiese vuurwapen, ’n mes en ’n pistool toe hulle omstreeks 17:15 die restaurant in Stasiestraat binnegegaan het en voorgegee het dat hulle kos wou bestel.

Lutzville Take-Aways is Sondagmiddag deur gewapende rowers beroof. Foto: Google Maps

Lutzville val onder die Matzikama-munisipaliteit en is 45 km wes van Vanrhynsdorp en 22 km noordwes van Vredendal.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die rowers het die werknemer met die wapens gedreig nadat hulle bedien is.

Volgens die polisiebron is R20 000 en ’n selfoon gesteel.

Die mes en pistool waarop die polisie beslag gelê het. Foto: Verskaf
Selfone wat die polisie gedurende hul ondersoek gevind het. Foto: Verskaf
Die pistool en ammunisie waarop die polisie beslag gelê het. Foto: Verskaf

Volgens Van Wyk was daar beamptes in die omgewing op patrollie wat gesien het wat gebeur en die verdagtes agternagesit het.

Een verdagte is naby die winkel in hegtenis geneem terwyl ’n tweede verdagte in ’n Volkswagen Polo voorgekeer is.

Die polisie het op die voertuig, ’n AR-15- semi-outomatiese vuurwapen, ’n mes en klere beslag gelê.

Kringtelevisiebeeldmateriaal is nagegaan. Een van die verdagtes het glo ’n bekentenis afgelê.

Verder is ’n ooggetuie-verklaring geneem.

Lutzville Take-Aways in Stasiestraat is Sondagmiddag van R20 000 beroof. Agt verdagtes is intussen in hegtenis geneem. Foto: Google Maps

Van Wyk sê ná verdere ondersoek, het die polisie op Clanwilliam nog ses verdagtes in hegtenis geneem. Die polisie het op ’n 9 mm-pistool en ammunisie, ’n Toyota Quantum en ’n selfoon beslag gelê, asook op “ ’n onbekende bedrag kontant”.

Die verdagtes is tussen die ouderdom van 35 en 55 jaar en sal binnekort in die hof verskyn, sê Van Wyk.

Hy het nie gesê of die klaer beseer is gedurende die rooftog nie.

Pogings om die eienaar van die winkel in die hande te kry, was onsuksesvol. Die nommer wat gelys is, en ook op die naambord van die winkel staan, is nie meer in werking nie.

Meer oor:  Weskus  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.