Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Minstens 9 vas vir ontvoering van Welkom-vrou

Die polisie het Vrydagoggend minstens nege mense in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van Charmaine Botha (42) van Welkom in die Vrystaat.

Botha is Woensdagoggend ontvoer en die ontvoerders het ’n losprys van twee goudstawe vir haar vrylating geëis.

Johnny Botha, haar man, is die aanlegbestuurder by Harmony Gold se nr. 1 goudaanleg buite Welkom.

Een goudstaaf is volgens ’n ingeligte persoon na aan die ondersoek Woensdagaand by die Virgin Active-gimnasium in Welkom as losprys vir Botha se vrylating oorhandig.

Kapt. S’fiso Nyakane, ’n woordvoerder van die Valke, sê die mans is in Welkomse sakekern en Odendaalsrus in verband met die ontvoering aangekeer.

Die polisie het beslag gelê op bykans R1 miljoen kontant, 21 goudklonte wat 7 kg weeg, ’n windbuks, ’n gaspistool, twee BMW’s, ’n Jeep Cherokee, ’n Audi A3, ’n Nissan Almera en ’n Nissan Tida.

Nyakane sê die ondersoek het die polisie na Sebokeng naby Vereeniging in Gauteng gelei waar nog goud en kontant gevind is.

Twee van die mans wat aangekeer is, is Zimbabwiërs en die ander ses Suid-Afrikaners. Hulle is tussen 32 en 38 jaar oud.

Charmaine Botha en haar man, Johnny. Foto: Facebook

Harmony Gold se veiligheidsmaatskappy, die Valke, die polisie se misdaadintelligensie-eenheid in Thabong buite Welkom en die honde-eenheid het saam gewerk om die vermeende ontvoerders vas te trek.

Nie Harmony Gold of die polisie wou Donderdag bevestig dat ’n losprys wel betaal is nie.

Volgens betroubare inligting het die hele goudaanleg Woensdag tot stilstand gekom om betyds die goudstaaf uit die aanleg se kluis te kon haal.

Die kluis word deur sluitmeganismes en tydskakelaars beskerm wat nie sonder meer oopgemaak kan word nie.

Die kluisdeur moes oopgesny word om die tydskakelaars, wat net op sekere tye toegang tot die kluis gee, te omseil.

Botha se ontvoerders het haar Woensdagoggend by haar werkplek oorval en in haar motor ontvoer.

Sy is in Thabong aangehou en vrygelaat nadat haar man die goud by die gimnasium oorhandig het.

Meer oor:  Charmaine Botha  |  Welkom  |  Ontvoering  |  Losprys  |  Vermis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.