Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man (80) verkrag glo sewejarige meisie

’n 80-jarige man het Maandag vlugtig in die landdroshof in Brits verskyn nadat hy na bewering sy vriendin se sewejarige kleindogter verkrag het.

Die man is Saterdag in die Geluk-omgewing net buite Brits in hegtenis geneem nadat die meisietjie se ma haar halfnaak saam met die ouma se vriend gevind het, sê kapt. Sam Tselanyane polisiewoordvoerder.

“Die meisietjie het glo saam met die man na ’n nabygeleë winkel gegaan. Haar ma het bekommerd geraak toe hulle te lank neem en het hulle gaan soek.

“Toe sy buite haar huis kom, het sy die man en haar dogtertjie gesien en sy is toe weer die huis in. Die ma is later weer na buite, maar die man en haar dogtertjie was skoonveld.

“Sy het na hulle gesoek en hulle onder ’n boom in die bosse gevind waar haar dogtertjie na bewering halfkaal was.” Volgens Tselanyane het die ma begin skree toe sy dit sien.

Die polisie is ontbied en die man is in hegtenis geneem.

Tselanyane sê die polisie ondersoek ’n klag van verkragting.

“Die man sal na verwagting volgende Dinsdag om borgtog aansoek doen. Hy bly in aanhouding.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.