Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
80-jarige vrou in aftreeoord in Polokwane vermoor

’n 80-jarige vrou van Polokwane is in die Koraal-aftreeoord vermoor. Die vrou se lyk is Maandag in haar meenthuis gekry.

Netwerk24 verneem van ’n onberispelike bron na aan die ondersoek dat sy ’n wond aan haar kop gehad het. Die polisie is nog nie seker wanneer sy dood is nie. Daar is bloed in die huis se badkamer gekry.

Die polisie se forensiese eenheid was Maandagaand nog op die toneel.

Die nuus het soos ’n veldbrand versprei en inwoners van die oord is erg geskok. Die vrou se selfoon en ’n skootrekenaar is gesteel.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, het die moord bevestig.

Die moord op die vrou, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, volg minder as twee weke ná die moorde op Lizette Deacon (55) en haar ma, Hettie (79), ook van Polokwane. Die Deacons is op Donderdag 10 September uit hul meenthuis in Welgelegen ontvoer en vermoor.

Meer oor:  Polokwane  |  Aftreeoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.