Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
85-jarige met byl doodgekap, heksery ondersoek

’n Bejaarde vrou van die Oos-Kaap is ten aanskoue van ’n jong familielid deur ’n onbekende man met ’n byl doodgekap.

Volgens die familielid het ’n man met ’n klapmus aan Donderdagaand by hul huis in die Candu Village, naby Dutywa, ingebars en die bejaarde Silvia Thandiwe Dyasi (85) met ’n byl aangeval.

Die aanvaller het net Dyasi met sy byl geteiken. Nadat die aanvaller seker gemaak het Dyasi is dood, het hy omgedraai en weggehardloop, het die ooggetuie na verneem word aan die polisie gesê.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, sê die polisie is om 20:50 na die toneel uitgeroep.

Hy sê Dyasi is op die toneel dood verklaar, en die familielid was erg getraumatiseer.

’n Motief dat die geloof in heksery ’n rol gespeel het, word onder meer ondersoek.

Manatha sê die polisie het teen Vrydagoggend nog nie iemand vir die moord aangekeer nie en doen ’n beroep op die gemeenskap om die polisie te help.

Enige persoon wat inligting rondom die voorval het, kan speursers. Patrick Mthwa, ondersoekbeampte, by, 078 594 7850 bel.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Dutywa  |  Misdaad  |  Byl  |  Bylmoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.