Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
86 in één naweek in Wes-Kaap vermoor

Altesame 86 moorde is verlede naweek in die Wes-Kaap gepleeg, waarvan nagenoeg 47 in die Kaapse Skiereiland was. Van dié 47 moorde was tussen 40% en 50% bendeverwant, sê bronne in die polisie.

’n Polisiebron met kennis van die moordsyfers sê in baie gevalle is die oortreder en die slagoffer aan mekaar bekend.

Volgens die bron is baie van die mense dronk en raak dan gewelddadig. Dit is of vriende wat saamgedrink het of in baie gevalle paartjies wat saam gekuier het en dan gewelddadig teenoor mekaar geraak het.

“Hulle steek mekaar met messe en ander skerp voorwerpe dood,” sê die bron.

Die Wes-Kaapse polisie wou by navraag nie kommentaar oor misdaadsyfers lewer nie.

Kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, sê die polisie kan nie misdaadsyfers bekend maak nie omdat daar ’n nasionale moratorium daarop is. “Alle moorde word as ’n prioriteit beskou, ondanks die motief (vir die moord),” sê Van Wyk.

Albert Fritz, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, het die afgelope week die moordsyfer in die Skiereiland bevestig.

Hy sê hul statistieke, wat hulle by die departement van gesondheid se forensiese afdeling kry, bevestig daar is van Vrydag 29 November tot Sondag 1 Desember 47 moorde in die metro-streek aangemeld.

Meer oor:  Albert Fritz  |  Moordsyfer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.