Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
9 aangekeer ná bedrog met vervoerdiens in die Baai

Die Valke het Vrydagoggend nege mense aangekeer in verband met bedrog rakende die Nelson Mandelabaai-metro se geïntegreerde openbare vervoerdiens (IPTS).

Die groep bestaan uit twee voormalige munisipale amptenare, twee invloedryke munisipale amptenare en vyf sakelui.

Die groep het hulself Vrydagoggend by die Mountweg-polisiekantoor in Port Elizabeth op versoek van die Valke oorgegee. Hulle sal na verwagting later Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn, waarna hul identiteit bekend gemaak kan word.

Die Valke het Vrydagoggend in ’n verklaring gesê ’n tiende verdagte sou ook in hegtenis geneem word, maar dié persoon is onlangs dood.

Luidens die verklaring staan die groep tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery van meer as R56 miljoen.

Hulle het na bewering as ’n sindikaat te werk gegaan om die munisipaliteit uit miljoene rande te bedrieg met dié projek.

Meer oor:  Valke  |  Port Elizabeth  |  Nelson Mandelabaai  |  Bedrog  |  Korrupsie  |  Vervoerdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.