Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
9-jarige moet geopereer word ná verkragting

’n Man (64) is in hegtenis geneem en verskyn Vrydag in die hof in verband met die verkragting van ’n negejarige meisie in Ladismith.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, sê die voorval het Maandag tussen 07:30 en 12:50 in ’n veld in Rocco Ferusstraat in Ladismith gebeur.

Die meisie het blykbaar nie die oggend skool toe gegaan nie en in bosse naby haar huis weggekruip. ’n Man het haar gesien en haar geld aangebied om hom die pad na Zoar te wys.

Hy het die geld vir haar gegee en hulle het saam in die rigting van Zoar begin stap. Die man het die meisie na bewering by bosse ingedwing en haar twee keer verkrag. Hy het haar aangesê om te wag en toe weggestap.

Die meisie is huis toe. Sy het nie haar pa, wat tuis was, oor die voorval ingelig nie, in die bed geklim en aan die slaap geraak.

Volgens Pojie het die meisie se pa opgemerk dat sy bloei en haar ma gebel. Haar ouers het aanvanklik gedink sy het iewers seergekry. Haar ma het egter besef wat gebeur het toe sy die meisie bad. Die meisie is in die hospitaal opgeneem en sal ’n operasie moet ondergaan.

Pojie sê ’n man is Woensdagmiddag in Oudtshoorn in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hy sal Vrydag op aanklag van verkragting in die landdroshof in Ladismith verskyn.

Meer oor:  Ladismith  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.