Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
9 ná ernstige misdade in Nyanga vas
Foto ter illustrasie.Foto: Unsplash

Die polisie se ondersoekeenheid het Saterdagoggend douvoordag bontgestaan met die doel om etlike oortreders van ernstige en gewelddadige misdaad in Nyanga in Kaapstad vas te trek.

Kapt. F.C. van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het Saterdag bevestig altesaam nege verdagtes is aangekeer.

Vier van tussen 19 en 52 jaar oud is om 03:40 in hegtenis geneem vir ’n moord wat in Junie verlede jaar in Heinz-park plaasgevind het.

Die verdagtes het na bewering die slagoffer se huis binnegedring terwyl hy tuinwerk gedoen het en hom met ’n mes gesteek.

Die man is na die hospitaal geneem, waar hy later aan sy wonde beswyk het,

“Die man is na die hospitaal geneem, waar hy later aan sy wonde beswyk het,” sê Van Wyk.

Toe die polisie die vier mans vasgetrek het, het hulle beslag gelê op 30 daggabome, 21 daggaplante in wegneemkoppies, ’n glastenk om dagga in te kweek, glasbottels dagga, 30 gedroogde daggatakke, 72 sakkies dagga en kontant.

’n Bykomende saak van daggahandel sal by die moordklag gevoeg word.

Drie ander verdagtes, onderskeidelik 23, 26 en 28 jaar oud, is omstreeks 4:30 by Veza Old Crossroads vir moord en poging tot moord in hegtenis geneem.

Die trio het glo die slagoffer en ’n familielid in November verlede jaar in Uxolostraat in Crossroads geskiet.

Die verdagtes het vroeër daardie dag die oorledene met hul voertuig in Landsdowneweg gestamp en in ’n argument betrokke geraak.

Later het die verdagtes glo na die slagoffer se huis gegaan en eerste op hom en toe ’n familielid, wie se hand getref is, losgebrand.

Hulle is albei na die hospitaal geneem en die man wat eerste geskiet is, het later aan sy wonde beswyk.

Die laaste twee verdagtes is vir twee gevalle van poging tot moord aangekeer.

Die een verdagte (26) is omstreeks 01:30 in Bester Homes in Crossroads in hegtenis geneem. Hy het glo verlede Sondag ’n man geskiet toe hy hom daarvan beskuldig het dat hy ’n verhouding met sy meisie het.

Die laaste verdagte (34) is om 08:30 Saterdagoggend in hegtenis geneem omdat hy ’n 25-jarige vrou Maandag herhaaldelik met ’n mes gesteek het in die Ramaphosa- informele woonbuurt in Browns Farm.

Die vrou het dit reggekry om die aanval af te weer en die verdagte het gevlug. Die slagoffer is na ’n hospitaal geneem en word steeds daar behandel.

Al nege verdagtes sal Maandag in die landdroshof in Athlone op aanklagte van moord en poging tot moord verskyn.

Meer oor:  Nyanga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.