Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
9 rowers dood in skietgeveg met polisie

Die planne van ’n groep rowers wat ’n besigheidspark in Isipingo, in die suide van Durban, wou beroof, is in die wiele gery toe die polisie hulle daar inwag.

Nege van hulle is doodgeskiet in ’n skietgeveg met die polisie, sê kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder.

Die voorval het omstreeks 01:50 gebeur.

“Ons het ’n wenk gekry oor die beoogde rooftog. Toe die rowers daar opdaag en die polisie gewaar, het hulle begin skiet.

“Sewe mense is toe doodgeskiet. Terwyl lede van die polisie die perseel deursoek het, het nog twee verdagtes op die polisie losgebrand. Dié twee, wat in die besit van ongelisensieerde vuurwapens was, is toe ook doodgeskiet.”

Gwala sê daar is beslag gelê op drie gewere, ses pistole en plofstof.

’n 29-jarige man is ook in hegtenis geneem.

News24 berig Bheki Cele, minister van polisie, het die polisieoffisiere geloof omdat hulle nie net die rooftog gefnuik het nie, maar omdat hulle ook op die wapens beslag gelê het.

Meer oor:  Durban  |  Isipingo  |  Skietgeveg  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.