Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
9 studente vas ná wag aan brand gesteek is

Nege studente van die Durban-Universiteit vir Tegnologie (DUT) is Woensdagoggend in hegtenis geneem nadat hulle na bewering tydens ’n betoging brandstof oor ’n veiligheidswag uitgegooi en hom aan die brand gesteek het.

Die man is met ernstige beserings na die hospitaal gebring.

Die brandskade aan die gebou van die Durban-Universiteit vir Tegnologie.

Brig. Jay Naicker, ’n polisiewoordvoerder, sê die studente het buite die Steve Biko-kampus betoog.

“Hulle het die onderhoudskamer en twee wagkamers aan die brand gesteek. Hulle het die 27-jarige wag aangeval, brandstof oor hom uitgegooi en hom aan die brand gesteek.

Die skade aan die Durban-Universiteit vir Tegnologie nadat studente Woensdagoggend gewelddadig betoog het. Foto: Verskaf

“Hy is gered deur sy kollegas wat die aanval gesien het. Hy is met ernstige besering na die hospitaal gebring. Met hul aankoms het die polisie vinnig opgetree en nege studente tussen 20 en 30 jaar in hegtenis geneem.

“Hulle gaan van poging tot moord, kwaadwillige saakbeskadiging en openbare geweld aangekla word. Die situasie is onder beheer en die Berea-polisiekantoor se lede en die eenheid vir openbare orde is op die toneel.”

Lt.genl. Khombinkosi Jula, die provinsiale kommissaris van polisie, het die voorval veroordeel en gesê die polisie sal nie huiwer om op te tree nie.

“Studente se griewe kan nie sulke wettelose optrede en aanranding regverdig nie. Die studente moet hul griewe op wettige wyses opper,” sê Jula.

Die skade aan die wagkamer by die DUT. Foto: Verskaf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.