Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
9 vas ná protesoptrede in Delft
Die motorhuisdeur wat beskadig is tydens die brand.

Nege mense is in hegtenis geneem in verband met ’n gewelddadige betoging wat Dinsdag by ’n ontspanningsentrum in Delft uitgebreek het.

’n Raadslid moes van ontstoke inwoners by The Hague-sport-en-ontspanningsentrum vlug toe hulle die strate ingevaar en infrastruktuur en ’n voertuig beskadig het.

Kol. Andrè Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê nege mense is aangekeer en sal na verwagting binnekort op aanklag van openbare geweld en die oortreding van die Wet op Rampbestuur in die landdroshof in Bellville verskyn.

Traut sê wetstoepassers was in die gebied om te verhoed dat mense onwettige strukture daar oprig.

“Die skare het oproerig geraak en ’n gebou is aan die brand gesteek en ’n vlootvoertuig is beskadig. Hulle is uiteengejaag en die polisie is steeds in die gebied,” sê Traut.

Die voertuig wat tydens protesaksie uitgebrand is.
Die motorhuisdeur van die ontspanningsentrum se stoorkamer het gebrand.
The Hague-ontspanningsentrum in Delft.

Volgens Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid in die Kaapstad-metro, het die betoging begin nadat die stad se eenheid teen grondbesettings probeer keer het dat inwoners onwettige strukture oprig.

“Hulle het toe die ingangshek na die sentrum se parkeerterrein, asook ’n munisipale voertuig, beskadig.”

Badroodien sê hoewel die skade groot is, kon die betogers nie tot in die sentrum kom nie en is die personeel ongedeerd. Die motorhuisdeur na die sentrum se stoorkamer is wel beskadig.

Past. Charles George, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum in Delft, sê die geweld in die gebied ruk handuit.

“Wetsgehoorsame inwoners se lewe word hierdeur in gevaar gestel. Ons het vandag vergader om agter die kap van die byl te kom, want terwyl daar geglo word die onluste gaan oor behuisingskwessies blyk dit asof misdadige elemente die jeug opstook om te betoog.

“Ons is baie ontevrede hieroor en wil alle rolspelers om ’n tafel kry om die probleem op te los. Ons kan nie toelaat dat raadslede geïntimideer word en uit die gebied verdryf word nie,” sê hy.

Meer oor:  Delft  |  Protesoptrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.