Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
9 vragmotors met petrolbomme bestook

Minstens nege vragmotors is Donderdagaand naby Heidelberg, Gauteng, met petrolbomme bestook.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die voorvalle was omstreeks 20:30.

“Voorlopige verslae dui daarop dat ’n wit Toyota Quantum en ’n swart Volkswagen die pad versper het. Die vragmotors het aan die brand geraak nadat dit glo met petrolbomme bestook is.”

Hy sê sewe vragmotors is op die N3 tussen Heidelberg en Vosloorus aan die brand gesteek en twee vragmotors is op die R103 aan die brand gesteek.

Dié twee paaie is langs mekaar geleë.

“Die motief vir die aanvalle kan nie op die oomblik bevestig word nie,” sê Masondo.

“Voorlopige verslae dui daarop dat die aanvallers in ’n Toyota Quantum en ’n Volkswagen gery het,” sê Masondo.

Die polisie in Gauteng doen alles moontlik om hulle so gou as moontlik vas te trek.

Genl.maj. Patricia Rampota, waarnemende polisiekommissaris in Gauteng, het die aanval sterk veroordeel.

Die polisie het nie gereageer op navrae oor wat met die vragmotorbestuurders gebeur het nie.


Meer oor:  Nigel  |  Heidelberg  |  Gauteng  |  Verkeer  |  Gesluit  |  Vragmotorbestuurder  |  Aanvalle Op Vragmotors  |  Brand  |  Petrolbom  |  Pad  |  Vragmotor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.