Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
94-jarige vrou in Pretoria vermoor

’n Bejaarde vrou van Pretoria is dood nadat sy vermoedelik deur aanvallers versmoor is.

Die polisie ondersoek ’n moordsaak in Capital Park in die oostelike Moot van Pretoria nadat die lyk van ’n 94-jarige vrou Vrydagmiddag in haar huis gevind is.

Anthony Smith, visevoorsitter van die Capital Park-sektor-polisie, sê die voorval het vroeg Vrydagmiddag gebeur op die hoek van Flowersstraat en 7de Laan.

Dit blyk uit ’n aanvanklike ondersoek dat die vrou versmoor is, het kapt. Augistinah Selepe, ’n polisiewoordvoerder, gesê.

Brig. Mathobele Peters, provinsiale kommunikasiehoof van die polisie, het Saterdagoggend gesê sy kan nog nie die naam van die vrou bekend maak nie.

Sy het ook gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Sy sê enigiemand met inligting wat kan help om die verdagte vas te trek kan die naaste polisiekantoor kontak of die tolvrye misdaadnommer 08600 10111 skakel.

Meer oor:  Pretoria  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.