Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
ANC-hoë John Block skuldig aan korrupsie, geldwassery
John Block Woensdag in die hof. Foto: Emile Hendricks

John Block, Noord-Kaapse ANC-leier en LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme het geen emosie getoon toe hy Woensdagmiddag aan korrupsie en geldwassery skuldig bevind is nie.

Selfs sy ondersteuners in die volgepakte hofbanke het nie opsigtelik op regter Violet Phatsoane se uitspraak gereageer nie.

Block staan ook soortgelyke aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery in twee onverwante sake wat miljoene rande se hospitaaltoerusting behels, in die gesig. Dié verhore sal in in Januarie 2016 begin.

Dit is onbekend hoe die ANC Block se skuldigbevinding in volgende jaar se munisipale verkiesing gaan hanteer.

Lees ook:

■ ​Trifecta-verhoor: Houe val in John Block-saak

■ Trifecta-verhoor: ‘Yolanda Botha beskerm firma; Scholtz g’n onbetrokke’

■ Trifecta-verhoor: ‘Staat se saak swak, bewys niks’

Block is van bedrog, korrupsie en geldwassery aangekla. Sy mede-beskuldigdes is Christo Scholtz, ’n sakeman van Pretoria en direkteur van die Trifecta-maatskappye wat Woensdagoggend aan bedrog skuldig bevind is, en Alvin Botes, die provinsie se ANC-adjunksekretaris en LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake. Hy is onskuldig op twee aanklagte van bedrog bevind.

Yolanda Botha, wat intussen aan kanker oorlede is, is ook aangekla en aan geldwassery skuldig bevind. Sy is daarvan verdink dat die verbeterings aan haar eiendom betalings in ruil vir winsgewende huurkontrakte was. Haar familietrust, die Jyba-trust, het aandele in Trifecta ontvang. Sy was destyds ook ’n ANC-hooggeplaaste en die departementshoof van maatskaplike ontwikkeling.

Die staat beweer die departement van maatskaplike ontwikkeling en die agentskap vir maatskaplike welsyn (Sassa) het tussen 2006 en 2009 huurgeld bo markverwante pryse vir geboue in Springbok, Kuruman, Douglas en Kimberley aan Trifecta betaal.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.