Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Baba sterf toe pa haar as ‘wapen’ gebruik

’n Twee dae oue babameisietjie van Pretoria is dood nadat haar pa haar as ’n “wapen” gebruik het om haar ma aan te rand.

Die paartjie was vermoedelik in ’n rusie oor die baba se vaderskap gewikkel.

Die man is in hegtenis geneem en word van moord aangekla.

Volgens Xander Loubser, woordvoerder van Best Care-ambulansdienste, het die baba in haar eie braaksel gelê toe nooddienswerkers 03:00 Sondagoggend by die Engen-vulstasie in Kerkstraat in Pretoria-Wes aangekom het.

“Sy was in ’n handdoek toegedraai. Ons het dadelik begin om haar te ondersoek en toe met mond-tot-mond-asemhaling en hartmassering probeer om haar by te bring, want sy het nie ’n polsslag gehad nie.”

Die ambulansdiens is deur die Pretoria-Wes-polisie na die toneel ontbied.

Loubser het gesê nadat ’n rusie blykbaar tussen die ouers ontstaan het, het die pa volgens die ma die baba aan haar voete op­getel en haar met die kind geslaan.

Hy het die baba toe ook teen die grond geslaan.

“Die ma het aan die nooddienswerkers gesê die pa was dronk en wou by haar weet of die kind ooit syne is.”

Die ma het net ’n skraapwond aan die voorkop opgedoen en was baie getraumatiseer.

Sy en die baba is per ambulans na die Kalafong-hospitaal geneem waar die kindjie later dood is.

Ao. Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, het gesê die man is in aanhouding.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.