Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bakkes gaan eis in hof teenstaan

Die finansiële bestuurder van Vrystaat Krieket, Herman Bakkes (45), gaan die eis van meer as R326 000 deur een van sy voormalige sakevennote teenstaan.

’n Kennisgewing dat hy voornemens is om die eis deur Hannes Pieterse (41), ’n sakeman van Dan Pienaar in Bloemfontein, teen te staan, is in die Vrystaatse hooggeregshof geliasseer. Sy verweerstukke sal waarskynlik eersdaags in dié hof geliasseer word.

In sy eis beweer Pieterse hy wil die geld wat hy in Mei 2008 aan Bakkes vir ’n aandeel van 17,5% in die beslote korporasie GCJ Marketing betaal het, terug hê.

Dié BK het as Deco-verspreiders in Kerkstraat, Bloemfontein, verbruikersgoedere na kleinhandelaars versprei.

Luidens Pieterse se eis het Bakkes nie sy onderneming gestand gedoen om te verseker dat die oordrag van die ledebelang en sessie van leningsrekeninge dadelik aan Pieterse oorgedra word nie.

Hy het ook nie al die ander dokumente wat Pieterse moes kry aan hom oorhandig nie.

Pieterse sê in sy eis hy het eers op 15 Januarie vanjaar van dié kontrakbreuk bewus geword en sê hy is geregtig op die kansellasie van die kontrak en hy wil sy geld terughê. Pieterse vra dat die hof die kontrak kanselleer, Bakkes verplig om die geld met rente terug te betaal en ook dat Bakkes die regskoste moet betaal.

Volksblad het intussen vasgestel dat GCJ Marketing op 21 Februarie 2013 in die hooggeregshof voorlopig gelikwideer is.

Die aansoeker vir dié bevel was Pieterse. Dié bevel is op 4 April 2013 bekragtig en die BK is in finale likwidasie geplaas.

Herman Kleynhans van Bock en Van Es-prokureurs is Bakkes se prokureur. Pieter Henning van McIntyre en Van der Post is Pieterse se prokureur.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.