Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Departement dok op oor gesloer met sertifikaat
Vliegtuie op die O.R. Tambo-lughawe. Foto: Nelius Rademan, Foto24

Die departement van binnelandse sake moet ’n egpaar se regskoste betaal omdat dié ’n dringende hofaansoek moes bring om ’n onverkorte geboortesertifikaat vir hul minderjarige dogter te kry.

Paul Derbyshire, sy vrou, ­Tracy Lee, dié se dogter Kate (15), en hul ouer dogter kan vanmiddag van die O.R. Tambo-lughawe na Dubai vlieg omdat Kate dié sertifikaat uiteindelik het.

Lees ook:

■ ​Nuwe wet kan toerisme laat ly

■ ​Nuwe wet sál toeriste afskrik, sê Asata

■ ​Toergroep uit Indië wél na SA

Die gesin van Boskruin, Randburg, gaan in Europa vakansie hou.

Die egpaar het die aansoek in die hooggeregshof in Pretoria ingedien.

Hulle wou die departement van binnelandse sake laat verplig om die sertifikaat Maandag teen 17:00 uit te reik nadat hulle reeds op 13 Mei daarom aansoek gedoen het en die versekering ontvang het dat dit betyds sou wees.

Ná verskeie navrae is daar op 19 Junie vir hulle gesê hulle moet nog agt weke wag, het Paul in ’n eedsverklaring voor die hof gesê.

Eers nadat die egpaar Vrydag die hofaansoek ingedien het, het binnelandse sake laat weet die sertifikaat is gereed.

Regter Cynthia Pretorius het die departement Maandag beveel om die koste van die Derbyshires se hofaansoek te betaal.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.