Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hof trek aanklagte terug; eis kan volg
Mitchell Turner, Aaron Mack en Chad de Matos het Maandag in die Wynbergse landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en crimen injuria. Hulle het Delia Adonis (52) na bewering op 17 Okto

Aanklagte teen drie jong mans teen wie ’n saak van aanranding verlede jaar ingedien is, is Donderdag teruggetrek.

Mitchell Turner, Aaron Mack en Chad de Matos is aangekla van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en crimen injuria ná ’n voorval waarin Delia Adonis glo in Oktober verlede jaar in Claremont aangerand is.

Ten tyde van die voorval was dié mans onderskeidelik 19 en 20 jaar oud.

Lees ook: UK-studente k​ry borgtog in aanrandsaak

Hulle oorweeg nou om strafregtelike klagte teen Adonis en haar seun aanhangig te maak, sowel as om siviele eise in te dien.

William Booth, hul regsverteenwoordiger, het Donderdag bevestig hy het ’n versoek om die aanklagte terug te trek aan die direkteur van openbare vervolging gerig. Die saak is in die Wynbergse landdroshof aangehoor.

Die Burger het verlede jaar berig dat Adonis (52) glo op 17 Oktober in die parkeerterrein van die Stadium on Main-sentrum, waar sy werk, aangerand is. Die mans was deel van ’n groep van vyf wat voor die voorval by die nagklub Tiger Tiger in die sentrum was. Daar is berig dat Adonis wetstoepassers ontbied het terwyl die mans iemand anders aangerand het, waarna hulle haar tot by die parkeerterrein gevolg het.

Booth het gesê dit is ook nou duidelik die voorval was nie ’n “rasse-aanval” soos daar bespiegel is nie. Hy het gesê strafregtelike klagte word teen Adonis en haar seun oorweeg omdat hulle die mans glo aangeval het.

Siviele eise kan ook volg omdat daar volgens Booth geen gronde vir die aanklagte teen die mans was nie. 

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.