Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nóg 27 jaar tronkstraf vir Alex de Koker ná hy 15-jarige vermoor
Alex de Koker tydens 'n vorige hofverskyning. Foto: Argief

Ná vier jaar in die tronk is Alex de Koker (50), die moordenaar van Raymond Buys (15), Donderdag vir nog 27 jaar tronk toe gestuur. Hiervan sal hy effektief 25 jaar uitdien.

Streeklanddros Retha Willemse het Michael Erasmus (22) tot effektief drie jaar korrektiewe toesig gevonnis. Hy is ook opgeskorte vonnisse opgelê.

Erasmus het in trane uitgebars toe hy hoor hy gaan nie tronk toe nie, terwyl ’n gespanne De Koker strak voor hom gekyk het toe Willemse hóm tronk toe gestuur het.

Lees ook:

■ ​Ma in trane toe Alex de Koker aan moord skuldig bevind word

■ ​‘Jy word geslaan tot jy soos hy is’

Willemse het tydens vonnisoplegging aan De Koker gesê hy het ’n “weerlose kind sistematies doodgemartel”. De Koker was die eienaar van ’n sogenaamde opleidingsentrum, Echo Wild Game Rangers. Raymond se ma het hom in Januarie 2011 na die “opleidingsentrum” gebring om as veldwagter opgelei te word. Hy is ná 3 maande in die Vereeniging Mediclinic dood.

“Raymond is nie op die ingewing van die oomblik vermoor nie,” het Willemse gesê.

Sy het De Koker stip in die oë gekyk en gesê hy het meer as genoeg tyd gehad om Raymond toe hy (reeds weens die aanrandings) ernstig beseer was, na ’n hospitaal of na sy ma te bring.

“U is skuldig bevind aan ’n afskuwelike misdaad.”

Willemse het in ag geneem dat Erasmus net 18 jaar oud was toe Raymond vermoor is en gesê hy was sterk onder De Koker se invloed.

De Koker se regsverteenwoordiger, Philip Venter, het aangedui De Koker gaan teen die vonnis appelleer.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.