Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Oud-onderwyseres in Robertson in huis doodgesteek
Argieffoto ter illustrasie.

’n Oud-onderwyseres van Robertson is Sondagoggend in haar huis deur ’n ongeïdentifiseerde aanvaller oorval en doodgesteek.

Anna Oosthuizen (80), ’n voormalige onderwyser aan die Robertson Voorbereidingskool, het alleen gewoon.

Oosthuizen is Sondag omstreeks 06:00 oorval en het verskeie diep steekwonde aan haar nek en bo-lyf opgedoen.

Sy het glo haar huis se paniekknoppie gedruk en die sekerheidsdienste het later haar lyk op die sitkamervloer aangetref.

Patruzchka Muller, verteenwoordiger van AfriForum se Langeberg-tak, sê Oosthuizen was ’n geliefde mens en die Robertson-gemeenskap is geskok oor die moord.

Dit is in hierdie stadium nie bekend of iets uit Oosthuizen se huis gesteel is nie.

Meer oor:  Robertson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.