Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Paartjie op gasteplaas beroof

Vier mans met klapmusse op het die week op ’n vierster-gasteplaas in Franschhoek toegeslaan, ’n paartjie vasgebind en hulle van verskeie waardevolle artikels beroof.

Die rooftog het op die plaas Burgundy Bourogne plaasgevind.

Vier rowers het Woensdag omstreeks 03:00 ’n kothuis op die plaas Burgundy Bourogne binnegegaan en twee gaste vasgebind en met ’n mes gedreig.

Volgens kapt. Frederick van Wyk, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, wou die rowers geld gehad het.

“Die slagoffers, ’n man en sy vrou, is met ’n elektriese kabel en ’n kamerjas se gordel vasgebind. Die rowers het toe die kothuis deursoek en met ’n onbekende bedrag geld, ’n selfoon, skootrekenaar, tabletrekenaar en juweliersware op die vlug geslaan.”

Geen skote is in die rooftog afgevuur nie en niemand is beseer nie, het Van Wyk gesê.

Die Burger het betroubaar verneem die slagoffers is na ’n hospitaal geneem en vir skok behandel.

Niemand is nog in verband met die rooftog in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van huisroof.

Enigiemand met inligting hieroor word gevra om ao. Leon Boonzaaier by 021 876 8066 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel. – Samantha van den Berg

Die slagoffers, ’n man en sy vrou, is met ’n elektriese kabel en ’n kamerjas se gordel vasgebind. Die rowers het toe die kothuis deursoek en met ’n onbekende bedrag geld, ’n selfoon, skootrekenaar, tabletrekenaar en juweliersware op die vlug geslaan.
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.