Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Seks op TV: Okosa se ‘vuur’ vir eers geblus

Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) se besluit dat On Digital Media (ODM) pornografie op drie TV-kanale mag uitsaai, is in die Wes-Kaapse hooggeregshof hersien en ter syde gestel.

ODM word as StarSat (voorheen TopTV) bedryf.

Die Justice Alliance for SA (Jasa), Doctors for Life en Cause for Justice (CFJ) het hulle na die hof gewend om Okosa se besluit te hersien en ter syde te stel.

Regter Lee Bozalek het Maandagoggend in sy uitspraak hieroor beslis dat die saak vir heroorweging na Okosa terugverwys moet word.

Okosa het op 23 April 2013 lisensies aan ODM toegestaan om die drie TV-kanale –Playboy TV, Desire TV en Private Spice– te kan uitsaai. Die uitsaaitye sou tussen 20:00 en 05:00 gewees het.

Bozalek het ook gelas dat Okosa en ODM die aansoekers se regskoste moet betaal.

“Ons is oorstelp van vreugde. Ons het dae lank aan hierdie saak gewerk en voel dat ons nou die vrugte van ons harde werk pluk,” het Wynand Viljoen, voorsitter van Cause for Justice, ná die uitspraak aan Netwerk24 gesê.

Hy het verduidelik die kanale moet nou onmiddellik gestop word. 

Lees ook: ‘Okosa moet herbesin oor porno.’

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.