Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Aanklaer moet nou beslis oor Rademan

’n Senior staatsaanklaer moet besluit of ’n persoon met ’n sportnutsvoertuig soortgelyk aan dié van die RSG-omroeper Johan Rademan en wat ’n tienjarige meisie raakgery het, strafregtelik vervolg kan word.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Rapport bevestig die ondersoek na ’n ongeluk waarin Melandi Breet op ’n straathoek in Valmary Park, Durbanville, raakgery is, is afgehandel.

Die dossier is nou by die senior staatsaanklaer.

Dit bevat onder meer verklarings van drie meisies wat op 20 Januarie by die stopteken was toe ’n wit RAV4 regs vanuit Louwstraat in Van der Westhuizenstraat ingedraai het.

Een van hulle, Melandi, is deur die voertuig getref. Sy het deur die lug gevlieg en op die teer beland. Een van haar voortande is gebreek. Haar enkel is beseer en haar elmboë en knieë was nerfaf.

Die voertuig het volgens ooggetuies ’n entjie verder in Van der Westhuizenstraat by ’n erf ingedraai en in ’n motorhuis ingetrek.

Melandi se pa, Dawie, was spoedig op die toneel en het na sy kind omgesien. Toe het hy na die huis gegaan waar die motor volgens ooggetuies ingedraai het.

Dit is geïdentifiseer as Rademan se huis. Breet het glo na Rademan geroep, maar ’n man het hom ingelig dat Rademan nie tuis is nie.

’n Man het daar opgedaag en hom as Rademan se prokureur voorgestel. Hy het gesê niemand mag die eiendom binnegaan sonder ’n lasbrief nie.

Die polisie het ’n saak van roekelose bestuur ondersoek.

Rademan het sedertdien verkies om nie op verdere medianavrae te reageer nie.

Meer oor:  Johan Rademan  |  Durbanville  |  Tref-En-Trap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.