Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Aanleg met perlemoen van R4 m. aan Wes-Rand oopgevlek
Toerusting wat gebruik is om perlemoen onwettig te verwerk.

Die blitspatrollie in Gauteng het Maandagnag op ’n onwettige perlemoenaanleg aan die Wes-Rand toegeslaan en perlemoen ter waarde van R4 miljoen gekry.

Luidens ’n polisieverklaring het die blitspatrollie gereageer op ’n wenk van ’n verdagte vragmotor vol perlemoen wat uit Kaapstad na ’n plaas in Hekpoort aan die Wes-Rand onderweg was. Luidens die verklaring sou die vragmotor van daar na Mosambiek gereis.

Toe die polisie op die plaas kom, het hulle die aanleg met vars, verwerkte en verpakte perlemoen aangetref. Hulle het Dinsdagoggend ook op twee huise op die plaas toegeslaan en sewe verdagtes in hegtenis geneem. Die verdagtes sluit die plaaseienaar, ’n Kapenaar, ’n vrou en vier mans van Chinese en Mosambiekse herkoms in.

Beamptes het verder op kontant en twee ongelisensieerde vuurwapens en patrone beslag gelê. Een van die vuurwapens is in Klerksdorp as gesteel aangemeld.

Die verdagtes staan op aanklag van die onwettige besit van en handel dryf in perlemoen tereg, asook die besit van ongelisensieerde vuurwapens en patrone.

Perlemoen ter waarde van R4 miljoen is in die aanleg gekry.
Perlemoen is onwettig in die Wes-Rand verwerk en verpak.
Meer oor:  Wes-Rand  |  Perlemoensmokkel  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.