Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Aanval op leeuboer: 3de man ‘identiteitloos’

Een van die drie vermeende plaasaanvallers wat Donderdag deur Pieter Swart (37) op sy plaas buite Kroonstad doodgeskiet is, is skynbaar identiteitloos.

Brig. Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder, het Maandagmiddag gesê die polisie kon net die identiteit van Lebohang en Thato Mabitsela bevestig. Hul ouderdom en woonadres kon egter nie vasgestel word nie, terwyl die derde persoon glad nie geïdentifiseer kon word nie.

Swart het die drie doodgeskiet toe hy Donderdag op die plaas Bossiesrand buite Kroonstad aangeval is. Hy is op drie moordklagte in hegtenis geneem, maar is Maandag vrygelaat omdat daar besluit is dat die staat nie gronde het om hom te vervolg nie.

Soos vroeër berig het Lehlohonolo Modisadife (22) Maandag op ’n klag dat hy saamgesweer het om ’n misdaad te pleeg in die hof verskyn.

Modisadife het ’n bekentenis afgelê nadat hy en nog twee mense kort ná die aanval in hegtenis geneem is. Die polisie kon egter nie die ander twee mense met die aanval verbind nie en hulle is vrygelaat.

Adv. Piet Pistorius het Maandag gesê Modisadife se bekentenis het Swart se weergawe van die gebeure bevestig en dit het ook die direkteur van openbare vervolgings oortuig om Swart nie aan te kla nie.

Die mans wou Swart glo beroof.

FC Schilling, ’n prokureur van Kroonstad, by sy kliënt, Pieter Swart, kort nadat Swart gehoor het hy gaan nie vervolg word nie. Foto: Alet van der Walt

Meer oor:  Pieter Swart  |  Kroonstad  |  Leeuboer  |  Plaasaanval  |  Moord  |  Doodskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.