Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Aanval op student, polisie reik foto uit

Die polisie in die Wes-Kaap het Vrydag ’n foto uitgereik van ’n man wat hulle soek in verband met die aanval op ’n jong Franse student Dinsdag in die Bo-Kaap in Kaapstad.

Die polisie se foto van ’n man wat hulle vermoedelik kan help met hul ondersoek na die aanval op ’n Franse student Dinsdag in die Bo-Kaap in Kaapstad.

Die vrou, wat aan die Universiteit van Kaapstad studeer, is van haar rugsak beroof en herhaaldelik deur ’n man met ’n skerp voorwerp gesteek.

Sy is in haar nek en hande raakgesteek waar sy op die grond gelê het.

Die aanval het op die hoek van Chiapinni- en Kerkstraat in die Bo-Kaap gebeur.

* Die polisie is ook nog opsoek na ’n man wat ’n drawwer Woensdagoggend in Houtbaai aangeval het. Die drawwer is in die rug geskiet en in die hospitaal opgeneem. Die polisie sê dat die man omstreeks 06:30 in Empirelaan, Houtbaai, geskiet is.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek albei die voorvalle. “Ons speurders is besig om alle leidrade op te volg en werk hard aan die ondersoeke in ’n poging om die aanvallers in albei die sake te vind.”

Meer oor:  Polisie  |  Kapt. Frederick Van Wyk  |  Wes-Kaap  |  Bo-Kaap  |  Aanval  |  Messteek  |  Student
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.