Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Aanval op vrou ‘beslis nie’ plaasaanval

Die voorval waarin ’n 70-jarige vrou Vrydag in haar huis op ’n plaas in die distrik Redelinghuys in die Sandveld in die Wes-Kaap aangeval en verkrag is, was beslis nie ’n plaasaanval nie, het ’n boer Dinsdag gesê.

Die boer, wat vertroud is met die vrou en die omstandighede van die aanval, het Dinsdag gesê die vrou het in haar huis televisie gekyk toe ’n man wat aan haar bekend was, omstreeks 20:00 deur ’n klein venstertjie in die badkamer toegang tot die huis verkry het.

“Die tannie het televisie gekyk. Toe sy opkyk, het die man met ’n lang mes in die sitkamer gestaan.”

Volgens die boer het dit vir die tannie gelyk asof die man onder die invloed van dwelms was.

Die vrou het steke aan haar hande gekry. Haar nek en hande was gesny, vermoedelik soos sy die kaphoue van die mes probeer afweer het.

Die man werk glo reeds die afgelope vier jaar in die tuin op die plaas waar die vrou woon.

Volgens die boer het die vrou die man gevra wat hy daar maak en of hy geld soek.

Sy het hom toe sowat R450, wat sy by haar gehad het, gegee.

Volgens die boer het die man daar bly staan, waarop die vrou gevra het of hy nog geld soek.

“Hy het toe geantwoord hy het reeds al die ander geld gevat.”

Volgens die boer het die man die vrou toe na haar slaapkamer gedwing waar hy haar verkrag het.

Hy het haar toe na die motor in die motorhuis langs haar huis gedwing. In die motor kon sy die meganisme wat die voertuig se deure sluit, aan- en afskakel. “Dit het die motor se alarm laat afgaan.”

Die tannie het televisie gekyk. Toe sy opkyk, het die man met ’n lang mes in die sitkamer gestaan.

Die mense op die plaas oorkant die vrou het die lawaai gehoor, uitgegaan om te kyk en die plaasbestuurder gebel. “Hulle het gesê hulle vermoed die tannie is in die moeilikheid,” het die boer gesê.

Die 28-jarige aanvaller was toe reeds in die voertuig en het met die vrou van die plaas af probeer gevlug. Volgens die boer het die vrou haar egter steeds teëgesit. Sy het die voertuig kort duskant ’n voetbruggie van die plaaspad af gedwing. “Die plaasbestuurder het toe reeds haar voertuig agternagesit.”

Volgens die boer het die aanvaller die mes in die veld, waar die voertuig gestop het, gelos toe hy besef dat hy aangekeer gaan word. Hy het probeer weghardloop, maar die plaasbestuurder en ander boere het hom egter aangekeer.

Die vrou het steke aan haar hande gekry. Haar nek en hande was gesny, vermoedelik soos sy die kaphoue van die mes probeer afweer het.

Die man het Dinsdag op aanklagte van huisbraak, verkragting en ontvoering in die landdroshof in Piketberg verskyn.

Billy Claasen van die organisasie vir landelike plaaswerkersontwikkeling het die aanval ten sterkste veroordeel. Hy het gesê ’n aanval op bejaarde mense is ’n aanval op die samelewing.

Hy het die polisie gevra om streng teen die vermeende aanvaller op te tree.

Claasen het die polisie ook geprys vir hul vinnige optrede en dat die vermeende aanvaller so vinnig aangekeer is.

Meer oor:  Redelinghuys  |  Verkrag  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.