Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Aanvalle op ambulanse in Kaapstad wek kommer
Ter illustrasie.Foto: Verskaf

Twee ambulans-spanne is Sondag gedreig en aangeval, waarvan een met klippe bestook en die ander van hul besittings beroof is terwyl hulle onderskeidelik pasiënte in Ravensmead en Atlantis gaan help het.

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement het Maandag die aanvalle skerp gekritiseer en gesê die voortslepende geweld teen hul noodparamedici wek groot kommer.

“Die sinnelose aanvalle teen ons nooddienste (EMS) die naweek het ’n ambulans erg beskadig gelaat en verskeie paramedici is getraumatiseer,” het Deanna Bessick, EMS-woordvoerder, gesê.

Volgens Bessick het die eerste voorval omstreeks 04:40 in De la Rey-straat, Ravensmead, plaasgevind toe ’n ambulans met klippe bestook is.

“Hulle was onderweg na die Tygerberg-hospitaal toe hulle aangeval is. Die voorruit van die voertuig is gebreek en ’n vroulike paramedikus se oog is beseer,” het Bessick gesê.

In die tweede voorval om 22:35 in Atlantis is EMS-personeel van hul persoonlike besittings beroof terwyl hulle ’n pasiënt behandel het.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Volgens die departement is daar verlede jaar 26 aanvalle op EMS-personeel aangemeld.

“Alle rolspelers sal moet saamwerk om ’n veilige omgewing te skep wat mense in staat stel om toegang tot gesondheidsorg te verkry. Dikwels vind hierdie aanvalle plaas in uiters kwesbare gemeenskappe waar die nooddienste broodnodig is.”

Sy sê die gesondheidsdepartement versoek alle inwoners om EMS-personeel te beskerm terwyl hulle hierdie baie belangrike diens lewer.

Albei voorvalle is by die polisie aangemeld en berading is vir die EMS-personeel aangebied.

Meer oor:  Deanna Bessick  |  Ravensmead  |  Dean  |  Ems  |  Ambulanse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.