Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Aanvaller geskiet wat 2 in moskee in Kaap doodsteek
Die moskee in Malmesbury waar aanbidders doodgesteek is voordat die aanvaller deur polisie doodgeskiet is. Foto: Jaco Marais

Twee mense is in ’n moskee in Malmesbury doodgesteek en hul aanvaller is deur die polisie doodgeskiet nadat hy in die vroeë oggendure hom teen inhegtenisneming verset en op die polisie afgestorm het.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê dat provinsiale speurders tans besig is om die misdaadtoneel te fynkam vir leidrade.

“Die Malmesbury-polisie is na ’n plaaslike moskee uitgeroep waar hulle twee mense dood aangetref het en verskeie ander wat beseer is. Die aanvaller, vermoedelik in sy 30’s en gewapen met ’n mes, was steeds op die toneel en het op die polisie afgestorm toe hulle hom probeer oorreed het om homself oor te gee.”

Volgens Traut het die aanvaller die polisie geïgnoreer en probeer om die beamptes ook aan te val waarna hy doodgeskiet is.

Traut sê die polisiewaghond Opod sal die aanvaller se dood ondersoek.

Die Moslem Juridiese Raad (MJC) het sy skok en afgryse uitgespreek ná die aanval. “Ons kan bevestig dat twee mense dood is terwyl hulle in I’tikaaf was en ’n ander gereelde 'musallee' (iemand wat besig is om salah te doen – bid) van die masjied is tydens die voorval beseer.”

Besonderhede oor die aanval is steeds onduidelik en die MJC het die Moslem-gemeenskap gemaan om nie hul eie afleidings te maak totdat die regte inligting oor die voorval ingewin is nie.

Die MJC-president en sy adjunkte is op pad na die moskee.

I’tikaaf word gewoonlik gedurende die laaste tien dae van Ramadan waargeneem as ’n tydperk van intense geestelike introspeksie.

Meer oor:  Malmesbury  |  Moskee-Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.