Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Aanvallers beroof paramedici in ambulans

Twee paramedici van Kaapstad is Vrydag omstreeks 07:00 in Nyanga met vuurwapens gekonfronteer en beroof terwyl hulle op ’n noodoproep gereageer het.

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid sê by monde van Byron la Hoe, sy woordvoerder, in ’n verklaring die twee personeellede van die provinsiale nooddienste is aangeval en hul besittings gesteel. Niemand is beseer nie.

“Die beamptes, ’n vrou en ’n man, het ’n saak by die plaaslike polisiekantoor aanhangig gemaak en dit word ondersoek.”

New Crossroads en Philippi is gevolglik vir die volgende 24 uur as rooi sones verklaar, wat beteken daar kan vertragings wees in noodgevalle omdat nooddienstepersoneel nie hierdie gebiede sal binnegaan sonder polisiebegeleiding nie.

“Die Wes-Kaapse regering veroordeel hierdie sinnelose aanval op ons personeellede. Hierdie tipe aanvalle het ’n verwoestende uitwerking op die nooddienste en word in gemeenskappe uitgevoer wat uiters kwesbaar is en waar die nooddienste die meeste benodig word,” sê la Hoe.

Meer oor:  Nyanga  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Ambulans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.