Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Aanvallers brand drie met strykyster, kookwater

Drie inwoners van die Hekpoort-omgewing in Gauteng is die naweek in ’n plaashuis aangehou en erg aangerand. Hulle is met ’n strykyster gebrand en kookwater is oor hulle gegiet.

Netwerk24 het betroubaar verneem ’n man, sy meisie en die meisie se broer is Vrydagaand in hul huis oorval.

Familielede van die drie wou Sondag nie kommentaar lewer nie.

“Die saak word deur die polisie ondersoek en dinge is baie sensitief in hierdie stadium,” het ’n vrou, wat nie haar naam genoem wil hê nie, aan Netwerk24 gesê.

Konst. Gloria Maswanganye, polisiewoordvoerder, sê die man en sy meisie het wakker geword van honde se geblaf. Vier mans het daarna hul kamer binnegekom en hulle met vuurwapens en messe gedreig. Die aanvallers het die kluissleutels en geld geëis.”

Die man het glo vir die aanvallers gesê hy het nie ’n kluis of kontant nie, waarna hy met ’n moersleutel aangerand is.

Hierna is die man saam met sy meisie en dié se broer vasgebind terwyl die rowers die huis deursoek het.

Die rowers het met kontant, twee vuurwapens, juweliersware, selfone en elektroniese ware gevlug.

Maswanganye waarsku dat die verdagtes nie genader moet word nie omdat hulle as uiters gevaarlik beskou word.

Inligting kan aan die Hekpoort-polisiekantoor gegee word. Die foonnommer is 014 576 9100.

Meer oor:  Hekpoort-Omgewing  |  Kookwater  |  Aanval  |  Roof  |  Strykyster  |  Marteling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.