Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Aanvallers dreig om boer te verbrand

Plaasaanvallers het Woensdagoggend vroeg brandstof oor ’n boer naby Potchefstroom gegooi om hom aan die brand te steek, maar hy kon betyds op hulle skiet om hulle te verwilder.

Hy het egter ligte brandwonde opgedoen nadat die aanvallers die huis aan die brand gesteek het, sê Marius Muller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum. “Die skade is erg, die dak het ingeval en die boer se voertuig het uitgebrand.”

Die vyf aanvallers het omstreeks 5:00 Woensdagoggend aan die boer se deur geklop. Hulle het deur die deur vir hom gesê sy ma, wat in ’n ander huis op die plaaswerf woon, het hulp nodig.

“Toe hy die deur oopmaak, het hulle hom oorval. Hulle het die huis geplunder en R110 000 en ’n jaggeweer uit die kluis gesteel. Hulle het brandstof oor hom gegooi, hom na ’n kamer geneem en gesê hulle gaan hom aan die brand steek.”

Die boer het egter ’n pistool onder sy bed gehad en op hulle geskiet. Die aanvallers het die huis aan die brand gesteek en weggehardloop.

Die polisie kon nie dadelik besonderhede oor die aanval verskaf nie.

Dit is ’n ontwikkelende storie; hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Afriforum  |  Potchefstroom  |  Boer  |  Verbrand  |  Aanvallers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.