Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Aanvallers gejag ná moord op konstabel

Genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, hoop die mans wat ’n polisiekonstabel van Polokwane in Limpopo Donderdagaand doodgeskiet het, word gou aangekeer.

Konst. Petrus Gerhardus (Pieter) de Lange (30) van die Westenburg-polisiekantoor was deel van ’n misdaadbestrydingsoperasie in een van die stad se woonbuurte toe daar op hom geskiet is.

Luidens ’n polisieverklaring is De Lange aangeval terwyl hy vermeende dwelmhandelaars in Bulawayostraat, Ladanna, dopgehou het.

’n Groep mans in twee voertuie het na die voertuig gery waarin De Lange gesit het. Vier mans het met handgewere uit die voertuie geklim en op hom geskiet.

De Lange is gewond en is dood voordat hy hospitaal toe gebring kon word.

Konst. Petrus Gerhardus de Lange en sy vrou, Nelmarie.

’n Dwaalkoeël het na bewering ook ’n vragmotorbestuurder in die hand getref.

Sitole veroordeel die moord op De Lange en het opdrag gegee vir ’n 72-uur aktiveringsplan om die aanvallers op te spoor.

“Ons het 42 polisiebeamptes sedert die begin van die finansiële jaar aan die hand van misdadigers verloor,” sê Sitole in die verklaring.

“Die aantal polisiebeamptes wat aangeval en doodgemaak word, bly ondanks proaktiewe en reaktiewe optrede, op ’n onaanvaarbare vlak.”

Agttien van die 42 polisiebeamptes wat sedert 1 April vermoor is, was aan diens terwyl 24 van diens af was.

Na verneem word, was ’n lid van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum saam met De Lange toe die voorval gebeur het.

Meer oor:  Khehla John Sitole  |  Konstabel  |  Pieter De Lange
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.