Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Aanvallers gejag wat bejaarde met kookwater brand

’n Bejaarde egpaar van Reivilo naby Vryburg in Noordwes is wreed aangeval en die man met kookwater gebrand tydens ’n plaasaanval net buite die dorp.

Ian Cameron van AfriForum sê op Twitter die vrou kon daarin slaag om hulp te ontbied, maar haar man is in ’n ernstige toestand in ’n stort gevind.

Die aanvallers het glo kookwater op die man se rug gegooi.

Volgens inligting van veiligheidsgroepe op sosiale media is die verdagtes, wat met ’n Nissan X Trail gevlug het, laas buite Schweizer-Reneke by die kleinhoewes naby die Bloemhofpad gesien.

Hulle het die gesteelde voertuig daar gelos en te voet verder gevlug.

Die gewapende mans is nog jonk en een het ’n blou baadjie en die ander ’n geel baadjie aangehad toe hulle laas gesien is. Dit is nie seker wat die derde verdagte aangehad het nie.

Die polisie in Noordwes sal binnekort ’n mediaverklaring oor die voorval uitreik.

Meer oor:  Ian Cameron  |  Noordwes  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.