Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Aanvallers keer vrou by plaashek voor

Drie aanvallers het Saterdag ’n vrou wat by haar plaas se hek uitgery het, met ’n vuurwapen gedreig en beveel om terug te gaan na die plaashuis, waar sy aangeval en beroof is.

Die Oos-Kaapse polisie sê die 39-jarige vrou, wie se identiteit nie bekend gemaak is nie, het Saterdag omstreeks 14:00 by haar plaashek uitgery toe een van drie mans ’n vuurwapen op haar rig en haar beveel om terug te ry na die huis.

Sy is gedwing om aan die aanvallers te wys waar die kluis is, terwyl sy met ’n vuurwapen geslaan is.

’n Geweer, twee skootrekenaars, ’n handsak, twee selfone en ’n beursie met kontant daarin is gebuit.

Brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, sê die mans het met die vrou se wit Prado op die vlug geslaan. Die voertuig is later 3 km van die plaashuis verlate aangetref.

Die polisie se soektog na die drie aanvallers duur voort.

Meer oor:  Oos-Kaap  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.