Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Aanvallers skiet veiligheidswagte, buit wapens

Twee veiligheidswagte van ’n koeriermaatskappy is na ’n hospitaal gebring nadat aanvallers tydens ’n rooftog in Boksburg op hulle geskiet het.

Volgens die polisie is ’n voertuig van die DSW-koerier-maatskappy, wat onder meer selfone vervoer het, Woensdag omstreeks 09:30 deur ’n motor met vier insittendes by ’n kruising aangeval.

“Die koeriervoertuig is deur ’n veiligheidsvoertuig begelei. Toe hulle die verkeerslig by Rondebult in die rigting van Noord-Rand nader, het ’n wit BMW met vier insittendes agter hulle begin skiet,” sê kapt. Pearl van Staad, polisiewoordvoerder, in ’n verklaring.

Die aanvallers se voertuig het geen registrasienommer gehad nie.

Die koeriervoertuig kon daarin slaag om na ’n veiliger plek te ry.

Volgens Van Staad is daar op die veiligheidswagte in die ander voertuig geskiet totdat dié voertuig tot stilstand gekom het.

Die verdagtes het die veiligheidswagte se vuurwapens geroof en van die toneel gevlug. ’n Voertuig van die maatskappy het hulle tevergeefs agternagesit.

“Twee wagte het veelvuldige wonde opgedoen en is na ’n nabygeleë hospitaal geneem, waar hulle in ’n stabiele toestand is,” lui die verklaring.

’n Saak van gewapende roof en poging tot moord word ondersoek.

Mense met inligting oor die voorval kan die Boksburg-Noord-polisiekantoor by 071 675 6986 of 086 001 0111 skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.