Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Aanvallers vlug toe boer se nefie op hul losbrand

Die susterskind van ’n boer van Clocolan in die Oos-Vrystaat het Woensdagaand tot sy familie se redding gekom toe die boer deur drie mans aangeval is.

Die aanvallers, wat vroegaand op Pieter Dreyer se plaas Waterval aangekom het, het gevlug toe Kevin Coetzee, Roux se neef, op hulle losgebrand het.

Volgens Deonne Roux, landelike- veiligheidskoördineerder van die Clocolan-boerevereniging, het die aanvallers omstreeks 19:00 op die plaas aangekom onder die voorwendsel dat hulle ’n bees by Dreyer wou koop.

Hulle het gesê die bees is vir ’n begrafnis.

Die mans het Dreyer vroeër die middag gebel om te vra of hy beeste het om aan hulle te verkoop.

Hulle het hom glo sowat vyf keer gebel voordat hulle by die plaas opgedaag het.

“Dreyer en die verdagtes het na die kraal gegaan waar hulle hom met ’n vuurwapen gedreig het. Die mans het geld geëis en die boer na die woonhuise geneem,” sê Roux.

Coetzee, wat saam met Dreyer boer, het ’n lawaai gehoor en ondersoek gaan instel.

Die mans het geld geëis en die boer na die woonhuise geneem.

Die aanvallers het op hom begin skiet.

Coetzee het teruggeskiet en die aanvallers het op die vlug geslaan. Hy het die aanvallers in sy bakkie agterna gesit tot waar hulle in die rigting van Ficksburg afgedraai en hom afgeskud het.

Dreyer is nie ernstig beseer nie, sê Roux.

Coetzee bly saam met sy 94-jarige ouma in een van die huise op die plaas.

Brig. Motantsi Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die aanvallers het met Dreyer se selfoon en beursie gevlug.

Hy kon nie Donderdag bevestig of enige van die aanvallers in die skietery gewond is nie.

Roux sê geen bloedspoor is op die plaas gevind nie.

Volgens Makhele word ’n saak van gewapende roof ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

* Enigeen wat die polisie in hul ondersoek kan help, word gevra om Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

Meer oor:  Pieter Dreyer  |  Clocolan  |  Oos-Vrystaat  |  Aanvallers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.