Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Aarbeiboer is 6 keer gesteek, wys lykskouing
Jeffrey Zetler (62) is op sy plaas Brakersdal vermoor.Foto: Verskaf

Die aarbeiboer Jeffrey Zetler is die naweek ses keer met ’n mes gesteek: vier keer van voor en twee keer van agter.

Zetler (62) is Saterdag dood nadat vier gewapende rowers hom en drie van sy werkers buite die perseel van sy kantoor op Brakersdal-plaas in die Wes-Kaap ingewag en aangeval het.

Hy het die plaas besit waarop die bekende Mooiberge-padstal geleë is waar besoekers jaarliks in die seisoen aarbeie pluk. Die kantoor op Brakersdal is reg oorkant Mooiberge op die R44 net buite Stellenbosch.

Een van die rowers het ’n vuurwapen gehad en die ander ’n mes. Die rowers het Zetler gedwing om die kantoor oop te sluit en terwyl hy gesukkel het om die alarm te deaktiveer het een van die rowers hom met die mes toegetakel.

In die lykskouing wat Sondag gehou is, is daar bevind dat Zetler ses keer gesteek is. Hy het een steekwond aan sy linkerarm, een aan sy ken en twee in sy bors. Die een steekwond in sy bors het tot in die ribbebeen deurgedring en die ander een het alle groot are en die longe gemis. Die steekwonde aan sy rug was meer ernstig en die mes het sy hoofslagaar getref en die ander een is tot in sy longe.

Die rowers het met ’n onbekende bedrag geld en Zetler se horlosie gevlug.

Zetler is al voorheen op sy plaas aangeval en beroof. Sy vrou, Beverly, wat Saterdag kort ná die aanval daarvan gehoor het, het gehoop dat hy dit weer sou oorleef. Hy is egter op die toneel aan sy beserings dood.

Zetler word Dinsdag in die Joodse begraafplaas in Stellenbosch begrawe.

Die polisie is besig met die ondersoek, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Jeffrey Zetler  |  Plaasmoorde  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.