SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
Afgeleë sakeperseel glo deur rowers geplunder

Twaalf rowers het na bewering ’n afgeleë sakeperseel in die noorde van Pretoria geplunder nadat hulle die veiligheidswagte en werkers oorrompel het.

Obed Sithole, eienaar van ’n vervoeronderneming op die kleinhoewe Tortelduif, vermoed die rowers het die kleinhoewe Woensdagaand beroof omdat dit so swaar gereën het.

Een van die huise op die perseel se deur is deur die rowers oopgebreek. Foto: Verskaf

Sithole sê die rowers, vermoedelik van Zimbabwe, het omstreeks 20:00 met ’n aantal voertuie by die hoofhek opgedaag waarna hulle glo twee veiligheidswagte oorrompel en aan ’n vragmotor vasgebind het.

Van sy werkers bly op die kleinhoewe. Die rowers het glo by drie huise ingebreek en vier werkers aangeval.

’n Vyfde slagoffer, die dogter van een van die werkers, het verlede week ’n operasie ondergaan nadat sy ’n miskraam gehad het.

“Die rowers het haar aangeval en geskop,” sê Cobé Jansen van Rensburg, van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum.

“Twee skote is in een van die vertrekke afgevuur, maar dit lyk nie asof iemand raakgeskiet is nie,” sê sy.

Volgens Sithole is die vyf beseerdes, wat in die Steve Biko-hospitaal opgeneem is, intussen ontslaan.

“Die skelms het omtrent alles in die store gevat waarop hulle hul hande kon lê,” sê hy.

Hulle het met duur toerusting en motorbande weggekom.

Sithole, wat nie lid van die GPF is nie, sê dit is die derde keer dat ’n rooftog op die perseel plaasvind.

“Die gemeenskap hier, swart en wit, moet saamwerk om meer patrollies te stig,” sê hy.

Jansen van Rensburg sê die GPF doen wel patrollies, maar dat daar ’n tekort aan mannekrag is.

“Van die pad af kan ’n mens nie mooi sien wat aangaan nie. Die skelms gaan sit plat en wag totdat die patrollievoertuig verbyry en dan gaan hulle net aan,” sê sy.

Jansen van Rensburg sê die misdaadkwessie kan deur die eienaars van kleinhoewes self opgelos word.

“Ons as gemeenskap moet hande vat en meer mense moet by die GPF betrokke raak,” sê sy.

Meer oor:  Pretoria  |  Rowers  |  Sakeperseel  |  Plunder  |  Misdaad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.