Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Afgetrede polisiehoof in huisrooftog doodgeskiet
Joseph Jongile, voormalige brigadier van die polisie in die Oos-Kaap se reaksie-eenheid. Foto: News24/Facebook Sibongile May

’n Afgetrede polisiehoof is in ’n rooftog by sy huis in Oos-Londen doodgeskiet.

Joseph Jongile is Vrydag om 21:50 in sy huis in Baysville doodgeskiet. Hy was voorheen brigadier van die polisie in die Oos-Kaap se reaksie-eenheid.

Sy seun is glo deur vyf mans wakker geklop waar hy in ’n agterkamer van die huis geslaap het. Hulle het ’n vuurwapen op die seun gerig en hom gedwing om by die hoofhuis te gaan klop.

Jongile se vrou het die kombuisdeur oopgemaak en drie van die mans is die huis binne. Die ander twee het buite gewag.

“Daar was ’n struweling en Jongile is twee keer geskiet.”

Die res van die huismense se selfone is gevat en hulle is met elektriese kabels vasgebind.

Die mans het ’n skootrekenaar, beursies met bankkaarte, ’n motorsleutel en drie fietse gesteel en gevlug. Die waarde van die gesteelde items is R80 000.

Meer oor:  Oos-Londen  |  Huisroof  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.