Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Afgetrede predikant (88) in Gouritsmond vermoor

’n Afgetrede NG-predikant wie se lyk Sondag met kopbeserings in sy huis in die kusdorpie Gouritsmond naby Albertinia gevind is, sou op 6 Oktober nog ’n kerkdiens daar waargeneem het.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê ’n 33-jarige verdagte is Sondag in hegtenis geneem op aanklag van moord en verskyn Woensdag in die landdroshof in Riversdal. Hy sê ds. John Barnard (88) se lyk is Sondag omstreeks 14:00 deur ’n buurvrou op die vloer van sy kombuis gekry.

Ds. John Barnard Foto: Verskaf

“Die buurvrou het agterdogtig geraak omdat sy hom Saterdag omstreeks 16:00 laas gesien het toe hy in sy tuin gewerk het.”

Sy het gaan ondersoek instel. “Barnard se huis se agterdeur was oop. Die buurvrou is na binne en het op hom afgekom.”

Volgens Pojie het die polisie se ondersoek gelei na ’n perseel in Gouritsmond waar ’n persoon van belang vir ondervraging na die polisiekantoor geneem is.

Pojie sê dié man voldoen aan die beskrywing van ooggetuies wat Saterdag ’n vreemde man by Barnard se huis gesien het.

’n Lykskouing het getoon Barnard is weens kopbeserings dood, sê Pojie.

Barnard was vroeër verbonde aan gemeentes soos Stutterheim en Noupoort (in die 1970’s en 1980’s), asook Masvingo in die destydse Rhodesië (Zimbabwe). Hy woon sedert sy aftrede in 1992 in Gouritsmond.

Barnard se vrou, Quinta, het hom vroeër ontval, sê ds. Marius le Roux van die NG Kerk Albertinia, in wie se gebied die NG Kerk Gouritsmond val. “Hy was baie geliefd in Gouritsmond. Hy sou op 6 Oktober nog ’n diens daar waargeneem het.”

’n Troosdiens word Saterdag om 14:00 in die NG Kerk Gouritsmond gehou.

Huldeblyke vir Barnard het op Facebook ingestroom, onder meer van oudgemeentelede wat op die Facebookblad Noupoort laat blyk het dat Barnard baie van hulle gedoop het.

Volgens die Facebookblad Gouritsmond Bewaring het die Barnard-egpaar baie vir die dorp beteken.

Barnard word oorleef deur twee seuns, Tommie en Kobus Barnard, en twee dogters, Rykie Smit en Ronel Röhrs.

Röhrs se man, Manfred Röhrs, het by navraag gesê die familie wil nie hê dat enige mediaberigte oor die voorval verskyn, of kommentaar lewer nie.

Volgens die polisie se misdaadstatistieke vir 2018-’19 was daar in die afgelope boekjaar twee moorde in Albertinia.

Meer oor:  Moord  |  Vermoor  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.