Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Afleweraars gekaap, helfte van vrag brood gesteel

Drie broodafleweraars van Port Elizabeth was Donderdagoggend die teiken van kapers wat meer as die helfte van hul vrag brood gebuit het.

Die afleweraars is na bewering kort ná 05:00 in die NU5-woonbuurt, Motherwell, deur twee gewapende mans oorrompel.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, was die afleweraars besig om Sasko-brood by ’n winkel in die gebied af te lewer.

Een van die afleweraars is blykbaar deur ’n gewapende man gegryp terwyl hy besig was om die agterdeur van die afleweringsvoertuig oop te maak, terwyl ’n tweede afleweraar deur nog ’n gewapende man voorgekeer is terwyl hy by die winkel aangeklop het.

Albei die afleweraars is agter in die afleweringsvoertuig gedwing voordat die bestuurder ook oorrompel en agter in die voertuig toegesluit is.

Die kapers het iewers in Motherwell met die afleweringsvoertuig stilgehou, waar die drie afleweraars glo in ’n wit bakkie gedwing is. ’n Onbekende man het hulle met die bakkie na Wells Estate geneem en daar gelos.

Naidu sê die polisie is gekontak en die afleweringsvoertuig is later die oggend verlate in Ngwevana-straat in die NU9-woonbuurt, Motherwell, aangetref.

Meer as die helfte van die brood is gesteel.

’n Saak van voertuigkaping word ondersoek.

Meer oor:  Motherwell  |  Misdaad  |  Diefstal  |  Kaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.