Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Agent kry (nare) snuf in neus, kom af op perlemoen
Die toerusting wat in die huis gevind is. Foto: Facebook

Met ’n eiendomsagent se besoek Donderdag aan ’n huis in Tecomastraat, Parow, het iets baie sleg geruik. Dit blyk toe die huis word gebruik om perlemoen te droog.

Daar was niemand by die huis nie en hy het die Parow-polisie gebel, wat ondersoek gaan instel het.

Die polisielede het om 18:00 beslag gelê op 660 gedroogte perlemoene en die toerusting wat gebruik word om perlemoen te droog.

Die toerusting is na raming R300 000 werd, lui ’n verklaring van kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder.

’n Beampte van die organisasie Community Against Abalone Poaching, wat verkies om anoniem te bly, sê dit is jammer dat die perlemoen gevind word lank nadat dit uitgehaal en gedroog is.

“Hulle vang nie die mense terwyl hulle dit stroop nie en hulle kry nie genoeg perlemoen in mense se besit nie. Ons sal graag wil sien dat die stropery in die Overberg-omgewing stopgesit word.”

Die beampte sê ook hulle sien toenemend dat perlemoen in woongebiede gevind word, byvoorbeeld in Blouberg en Muizenberg.

Van Wyk sê die ondersoek duur voort.

Meer oor:  Parow  |  Eiendomsagent  |  Perlemoen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.