Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Agri-organisasies veroordeel geweld

Twee landbou-organisasies het hulle Maandag sterk teen die gewelddadige gebeurtenisse in die land uitgespreek.

Mpumalanga Landbou sê in ’n verklaring hy het met groot hartseer van die moord op Anne-Marie en Ruan Botha Saterdagaand op ’n plaas duskant Mbombela (Nelspruit) verneem.

“Die dagbestuur doen ’n dringende beroep op die premier en die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga om hierdie jongste brutale moord van twee onskuldige en weerlose persone op ’n plaas in Mpumalanga ten sterkste in die openbaar te veroordeel. Verder word die owerheid versoek om wet en orde sonder vrees of gunste, konsekwent toe te pas,” lui die verklaring.

Lees ook: Ma, seun het tot die dood toe baklei

Intussen het Agri SA die geweld in eMkhondo (Piet Retief) veroordeel rakende die hofsaak waarin die vyf beskuldigdes weer Maandag verskyn het.

Gemoedere en rassespanning in dié dorp loop hoog terwyl Daniel Cornelius Malan (38), Cornelius Lourens Greyling (25), Othard Johann Klingenberg (53), Ignatius Michael Steynberg (31) en Zenzele Mzikayise Patric Yende (48) op twee aanklagte van moord teregstaan.

Hulle word daarvan aangekla dat hulle die broers Amos en Zenzele Coka vermoor het toe dié twee op 9 April glo tot die redding van ’n groep plaaswerkers gekom het wat op die plaas Pampoenkraal vir werk wou onderhandel.

Lede van verskeie politieke partye betoog Maandag buite die hof in eMkhondo, waar vyf mans op aanklag van moord en ontvoering verskyn. Die strate om die hof is met doringdraad afgesper om die betogers weg van die hof te hou. Foto: Deaan Vivier

Agri SA sê geweld is nie die oplossing nie.

“Agri SA verbind hom tot die versekering van ’n landbou-omgewing wat die waardes en ideale soos vervat in ons nasionale Grondwet weerspieël.”

Die organisasie doen ’n beroep op adj.pres. David Mabuza om met politieke, tradisionele en gemeenskapsleiers in die eMkhondo-omgewing te praat sodat daar ’n kollektiewe poging is om emosies te kalmeer.

Lees Netwerk24 se regstreekse dekking van Maandag se hofverrigtinge in in eMkhondo.

Meer oor:  Moord  |  Landbou  |  Geweld  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.