Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Agri SA roep versterkings in ná toename in plaasaanvalle

Agri SA en die veiligheidsmaatskappy Fidelity ADT gaan saamwerk om plaasaanvalle en misdaad op plase te bekamp.

Tommy Esterhuyse, Agri SA se hoof van landelike veiligheid, het dit Dinsdag op ’n nuuskonferensie in Centurion aangekondig.

Volgens hom is die 593 plaasaanvalle wat in die boekjaar 2017-’18 aangeteken en in die parlement bekend gemaak is, ’n toename teenoor die vorige twee boekjare.

“Plaas- en buurtwagte in landelike gebiede word deur misdaad oorweldig en daarom moet ons ’n oplossing kry,” sê Esterhuyse.

Die samewerkingsooreenkoms geld sedert 1 Februarie.

Dan Kriek

Ingevolge die ooreenkoms speel Fidelity ADT ’n aanvullende rol in landelike gebiede waar die polisie nie genoeg hulpbronne het nie. Hy gee boere ook raad oor veiligheidstoerusting en kan dit aan hulle verkoop.

Volgens Esterhuyse is daar met genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, vergader om samewerking met die polisie te verbeter.

“Die idee is dat alle belanghebbendes, insluitend plaaswagte, hande vat om die kwessie aan te pak,” sê Esterhuyse.

Dan Kriek, voorsitter van Agri SA, sê hulle gaan die platteland met dié “kombers-benadering toegooi”.

“Ons gaan saamwerk om strategieë uit te werk wat landbougemeenskappe in sy geheel beveilig. Boere en plaaswerkers word onderwerp aan hoë vlakke van misdaad en dit moet verminder word,” sê Kriek.

Hy moedig boere aan om tegnologie te omarm om hulself te beveilig.

Agri SA is al geruime tyd in die proses om ’n vennoot te identifiseer wat oor die kapasiteit beskik om misdaad in landelike gebiede hok te slaan.

Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van die sekerheidsgroep Fidelity ADT, gee toe die maatskappy het toegetree vanweë die kommersiële voordeel wat die ooreenkoms inhou.

“Ek glo egter ook dat ons ’n verpligting het om misdaad op die platteland te verminder. Dit is voordelig vir alle partye,” sê hy.

Volgens hom het Fidelity takke oor die land heen met 4 000 voertuie tot sy beskikking.

Die maatskappy het voorheen suksesvol met die polisie saamgewerk om transitorooftogte te bekamp.

Esterhuyse sê Agri SA en Fidelity ADT het reeds voorleggings aan landbou-unies en boere in die Vrystaat en Noord-Kaap gemaak. Hul beplan om nog baie voorleggings te doen.

As landbou-unies en plaasgemeenskappe instem, kan strategieë begin en in werking gestel word.

Netwerk24 het vroeër berig dat dit ’n bloedige Paasnaweek vir inwoners op plase en kleinhoewes was waartydens drie moorde, ’n verkragting en talle erge aanrandings sedert Donderdag plaasgevind het.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, sê daar was die Paasnaweek 13 aanvalle op mense wat op plase en hoewes woon.

’n Jong man van Hoopstad, Janus Powell, Ferhard Moosa van Albert Falls en ’n plaaswerker van Potchefstroom is vermoor.

Meer oor:  Dan Kriek  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.