Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Akteur vas oor smokkelsigarette

’n Bekende akteur wat ’n rol in ’n plaaslike sepie vertolk, is Woensdag in Polokwane in hegtenis geneem omdat hy glo in die besit van onwettige sigarette was.

Kapt. Matimba Maluleke, Valke-woordvoerder in Limpopo, sê die 44-jarige man en nog vier ander mense is by die taxistaanplek in die sakekern in hegtenis geneem.

Van die smokkelsigarette waarop die Valke Woensdag in Polokwane in Limpopo beslag gelê het. Foto: Valke
Die vyf mense wat Woensdag in Polokwane in hegtenis geneem is nadat hulle na bewering onwettige sigarette verkoop het. Foto: Valke

Maluleke sê die Valke het ’n wenk van die publiek gekry oor mense wat glo onwettige sigarette by die taxistaanplek verkoop.

Die Valke het vroeg Woensdagoggend toegeslaan en vyf mense op heterdaad betrap waar hulle smokkelsigarette verkoop.

Maluleke sê daar is beslag gelê op 45 kartonbokse Remington Gold-sigarette van sowat R12 000. Daar is ook op R9 681 kontant by vier van hulle beslag gelê. Dit is vermoedelik bekom van die sigarette wat verkoop is.

Maluleke sê hy kan nie die identiteit van die akteur of sy medebeskuldigdes bekendmaak alvorens hulle nie Donderdag in die landdroshof in Polokwane op aanklagte van die besit van onwettige sigarette verskyn het nie.

Twee polisielede van Limpopo is die afgelope twee weke ook in hegtenis geneem weens die besit van smokkelsigarette.

’n 42-Jarige konstabel van die Maake-polisiekantoor buite Tzaneen is Sondagaand met ’n motor vol smokkelsigarette buite Mooketsi betrap.

’n Sersant (41) van die polisie by Beitbrug is verlede week buite Polokwane in hegtenis geneem. Hy was in uniform.

Meer oor:  Koronavirus  |  Smokkelsigarette  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.