Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Aktivis buite hof in KZN geskiet

’n Aktivis is in ’n kritieke toestand nadat hy vroeg Woensdagoggend buite die hof in Verulam, noord van Durban, in die kop geskiet is.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê in ’n verklaring die verdagte het na die aktivis geloop, ’n vuurwapen uitgepluk en hom geskiet.

“Die 66-jarige man is in ’n kritieke toestand nadat hy buite die gesinshof in Verulam se middestad geskiet is,” lui die verklaring.

Rusa sê hulle is omstreeks 08:30 na die toneel nadat hulle oproepe oor ’n skietery buite die hof ontvang het.

Paramedici stabiliseer die aktivis nadat hy in die kop geskiet is. Foto: Rusa/ Facebook

Hulle het die aktivis op die sypaadjie gevind.

“Hy is in die kop geskiet en op die toneel behandel en gestabiliseer,” sê Rusa.

Ooggetuies sê hulle het gesien hoe die aktivis na die hof loop toe ’n man hom ewe skielik nader.

Die man het ’n vuurwapen uitgehaal en ’n skoot afgevuur, waarna hy te voet gevlug het.

’n Veiligheidswag wat die gebeure sien ontvou het, het die verdagte gejaag en sê hy het in ’n wit Mazda gespring wat in Groomstraat gewag het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.