Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Aktivis deel arrestasie op Facebook

’n Bekende gemeenskapsaktivis van die Boland en Swartland is Sondag in hegtenis geneem nadat hy van gesinsgeweld aangekla is.

Die man se naam mag nie bekend gemaak word voordat hy in die hof verskyn nie.

Kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat die man in hegtenis geneem en aangekla is van aanranding ingevolge die Wet op Gesinsgeweld. Hy is ook van aanranding van ’n polisielid aangekla.

Die verdagte het sy inhegtenisneming op sy selfoon opgeneem en op Facebook gedeel.

Luidens inligting van die gemeenskap het die verdagte se meisie en haar suster glo met mekaar baklei en hy het tussenbeide getree om dit te stop. Hy het na bewering die suster net weggestamp om ’n bakleiery te verhoed.

Die suster het glo die klag by die polisie ingedien en die verdagte is Sondag by sy huis in hegtenis geneem.

Op die opname sê die verdagte dat ene sers. Kennert en konst. Davids van die Klapmuts-polisie daar is om hom in hegtenis te neem.

Die polisielid het hom gevra om sy foon neer te sit, waarop die verdagte gesê het hy sal nie.

Dit lyk asof die beampte probeer het om die selfoon van die verdagte af te vat en dan stop die opname.

Die verdagte is by die Klapmuts-polisiestasie aangehou.

Traut kon egter nie bevestig wanneer die verdagte in die hof moet verskyn nie.

Omdat dit ’n saak van geslagsgeweld is, het die polisie die reg om die verdagte vir 48 uur aan te hou voordat hy in die hof moet verskyn, of vrygelaat word.

Meer oor:  Boland En Swartland  |  Facebook  |  Aktivis  |  Gesinsgeweld  |  Arrestasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.