Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Alarm se sirene red vrou van Cradock in plaasaanval

’n Plaasvrou in dieselfde gebied van die Cradock-distrik waar die sinnelose moord op Paddy Opren (78) vier weke gelede plaasgevind het, is Vrydag helder oordag by haar huis aangeval. Haar lewe is gered toe die sirene van haar alarmstelsel afgegaan het.

Volgens Ivan Stock van CDK-sekerheid, eerste op die toneel, was Jess de Lange net buite haar huis op die plaas De Kloof, ongeveer 10 km buite die dorp, toe sy net voor 11:00 van agter deur ’n man met ’n klapmus oor sy gesig gegryp en met ’n mes teen haar keel gedreig is.

De Lange, wat haar aanvaller kon skop, kon huis toe hardloop en het die alarm geaktiveer, waarna die aanvaller weggehardloop het. Volgens Stock vermoed hulle dat daar twee aanvallers was en dat een buite sig gewag het.

Die veiligheidsmanne, polisie en belangstellendes, ondersteun deur ’n privaat helikopter en hommeltuig, het van kort ná die voorval tot laat die middag gesoek, maar kon nie die verdagtes in die bergagtige gebied opspoor nie. Hulle het egter in die veld beslag gelê op twee baadjies.

Jess de Lange en haar dogter, Anita, wat in ’n rolstoel is ná ’n motorongeluk jare gelede, is erg geskok oor die voorval.

De Kloof is ’n buurplaas van die plaas waarop Paddy Orpen op 4 Mei vanjaar vermoor is. – Wilna de Klerk

Meer oor:  Aanval  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.